Gister
Gister
deur Dale Penderis©
diep in die holtes van die siel
gevul met die oorbekende werklikheid
smagtend na ʼn verwagting vir die onbekende
dis daar, maar waar?
dis iets, maar wat?
soekend, smagtend
niks, leemtes, verlange
eet, eet, eet en nog eet
die gemoed en die skaal sug
leeg, leër, dolleeg
eet, ooreet, verstop
niks, leemtes, verlange
ek soek in die kas na iets wat my pas
nodeloos en verniet
want dit wat was, hang nog in my kas
vae herinneringe en verdriet
stilte, bepeinsing, oordenking
soekend na ʼn halm sterker as strooi
hier in my kamer, vind ek my Vader
die gordyne skuif oop en in my kamer
hier by my Vader … ek was ʼn teiken van die duiwel se prooi
nou soek ek wat was, nie meer in my kas
maar fokus op dit Wat Is
hier in my kamer, ek en my Vader
oorwin ek die yskas en al sy magnete
dis groente, dis vrugte en als is gesond
kaalvoet en knielend op heilige grond
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.