Sjoes jy!
Jy praat te veel
Oor dit oor dat
Oor wie oor wat
Jou lippe beweeg –
die aardigste gedruis
wat in my ore suis
Kop toe, soos ‘n klei-os se gat
Dink jy weet alles
Maak mos of ons mal is
Jou brein te vlak
vir begrip van poëete
daarom jou sinnelose-krete!
© Carla Visser
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Eina! So goed ken jy my? Sal moet beter oppas, nè? GvT