Jongste aktiwiteit:

Soveel so

Daar waar die dag en
nag ‘n horison deel
die groet ooplê
wil ek wag op jou
die sonsverduistering
uit my oë haal
En neerlê voor jou
want sien
oopgekerf het jy my gelaat
waar die alfabet
jou mond verlaat
en letter
vir letter
vir letter
het jy die lus
uit my gehaal
soveel so
dat my dag kom sterf
aan die mond van
jou alfabet
wat
net
kerf
kerf
kerf




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed