
Skoon ge-detoxicate
Skoon ge-detoxicate
Koop vanoggend weer die koerant
en soveel lelike ondenkbare dinge gebeur
wat by die aanhoor of lees jou regskape
beginsels tot in jou siel skok en geestelike
letsels laat deur jou brein en geheue met
die gruwel informasies te besoedel wat jy
ervaar as geestelike abuse of mishandeling
van hoor lees en kyk want jy vergeet nie die
swart op wit berig se boosheid en kan dit
nie blokkeer nie so skop dit dan nes met
alles wat goed en edel is in jou geheue – – –
Dan kom die nostalgiese verlange na daardie
sorgelose dae van onskuld en onbesmette
kennis van alle onreg en wreedheid gespaar
want “ignorance and innocence is bliss”
Jy smag na reine skoonheid en vredevolle
naasbestaan en edel beginsels se waardes
herstel met die brein weer skoon gedetoxicate
van al die info gif – – –
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis darem 'n groot waarheid wat jy nou praat, Janetta. Ek dink ons smag almal na daardie wonderlike gevoel van kleintyd, toe dit net lekker was om op te staan in die oggend, want die son skyn :-) Goeie sosiale kommentaar