Jongste aktiwiteit:

Troosteloos

 

as blomme pyn kon stil
sou ek langsteel lelies pluk
en dit in erdekruike
op die vensterbanke
van jou roomgeel huis rangskik

sou melodieë van weleer
jou gebroke hart kon heel
sou ek We’ll Meet Again,
As Time Goes By
en The Last Waltz vir jou speel

as die lig van duisend vlamme
tot in ‘n skemer hart kon dring
sou ek al my lampe
deur jou donker kamers
en teen jou gang se mure string

kolwyntjies met versiersels op,
die geur van rooibostee –
dit kan dalk (vir ‘n wyle)
salige berusting
en ‘n uur of twee van vrede gee

maar ek stoot jou tuin se hek oop
my leë hande – offerloos
en ek sus jou in my arms, ma
(op die rooi stoep met die malvas)
“toemaar, toemaar” – my skrale troos

© C. Shaw
27 November 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Jacomuis het n geregistreerde lid geword

  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak