WINTER
WINTER IN MY HART
My hartseer bars oop soos ‘n ryp granaat
vloei die verlange druppend op die grond
die alleenwees rasper aan my brose siel
my Vader, hoe moet ek nou voor U kom kniel
die helfte van my is weggeruk
hoe smaak ek hierná weer geluk
wonde wat nie wil ophou bloei
sidderend die winterwind wat om my loei
my sielsgenoot, my hart se diepste klop
is weggeskeur, is nie meer, is net op
My God my God hoe maak ek nou
hoe kan ek weer vrede in my siel toevou
leef ek blindelings sonder sin of wil
sy plek langs my is koud en stil
Mariette Stoker
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n baie groot eina hier verwoord, Mariette.