Jongste aktiwiteit:

Straat Prediker.

 

Straat Prediker. (Brons)

Dit was ‘n bloedige warm dag.  Ek het in die parkeer area van die winkelsentrum in my motor gesit en wag vir my man.  Tussendeur die gedonder en gebulder, van die letterlik helse geraas rondom my, hoor ek hom.  Bo die gedreun van die doef, doef, doef dromme van die wêreld, in die verbygaande karre het sy stem suiwer weerklink. Die onbekende Straat Prediker.

Ek het die motor se venster afgedraai om beter te hoor.  Sy woorde was swaar en sy woorde was waar.  “Die mensdom lewe in leuens.”   Ek kon die benoudheid en dringendheid in sy stem hoor.  “Tyd raak min. Julle word mislei. Die wêreld verkeer in doodsgevaar!  Julle moet julle bekeer en afsien van julle verkeerde paaie!  Julle moet die sondige dinge waarmee julle besig is laat los!” het hy vermaan.

Dit het my onwillekeurig aan Noag laat dink.  Noag se gehoorsaamheid, die ark, die vloed, die verlore mense.  Die mense wat toe geweier het om te hoor.  Sy boodskap was ook ongewens en ek kon die afsku op party se gesigte sien.  Ander was verbaas, verbyster, braaf en arrogant.  Maar die ergste was die spotters.  “Hou jou bek ou man jy praat te veel.  Hoor wat praat die aap,” koggel hulle hardop onder mekaar.  “Gaan huistoe jy maak geraas.”  Die meerderheid was doof en blind net soos die Heilige Skrif sê. Hulle het oë wat nie wil sien nie en ore wat nie wil hoor nie.

Almal was haastig en duidelik vererg met die ontydige Woord van waarskuwing van die onbekende Straat Prediker.  Ongekend by mense maar welbekend by God.  Soos ek luister sien ek hoe die sekuriteitswagte vinnig nader draf, die man stil maak en hardhandig wegstamp……sy boodskap is oorbodig.  Mense is hier om “shopping” te doen!  Dit is nie die plek of regte tyd nie, word hy berispe.  Maar die helse musiek en geraas is aanvaarbaar, wrewel dit binne my?

Toe hulle hom soos ‘n krimineel wegsleep het ek in my hart geweet – jy ongekende Straat Prediker lewe in die teenwoordigheid van die Allerhoogste en slaap rustig met die sekere wete dat jou Koning kom.  Jy het gedoen soos God beveel het.  Jy maak dissipels…… op ongewenste plekke en uit ongewenste mense.  Ek wens ek het jou moed en bravade gehad.  Groot is jou beloning!

Vera Booysen ©

INK 23/05/2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak