Stroom Op
in wye strate
staan mense
in menige selle verwoel
elk met menings
in eie reg.
ons soek na
ń eie wye siele ruim
wat verdwaal
in die stad gedruis
met min stilte.
mistroostig blomme kuns
tot kwistige Ferrari lus
ruk my aan my wese
tot ek stroom op parkeer
in eie verkeerde baan.
2 Kommentare
-

Viooltjie
En unieke denke, wou ek sê 😊
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Jy verstaan menswees. Ons almal het ons eie unieke 'foute'. Dis maar hoe dit is.