swaar woorde
“ek hoor ‘n gil en skielik is dit stil”
uit die diepste voue van my denke
kom daar die weerstandige emosie
die uiting van my onvermoë om te sê
myself is ‘n lyn van aanvanklik skewe gedagtes
latere ikonifiserende invloede lei tot vrye uitsprake
manifesterende verse wat lukraak leestekens vermy
prente en beelde van my skewe dialektiese taal
ritmiese konteks van my patalogiese argief
personifiseer in gedagtes en drome wat skud
soos sade uit hul doppe skud my siel die woorde
wat dikwels net verdroog en virewig daar bly lê
soms land die strofes in ontkiewende staat
meestal blankoverse soos grys komberse
waar rym, alliterasie en taalstatus min beteken
sou selfskrywes met talentvolle betekenisse wedywer
sal beskrywende teks so wyd verskil van die bekende
dat logika verander in haikubegrippe sonder vorm
nasorgwaardige konteks vervloei in taalkombers
in digter se soeke na prosodie, alliterasie, assonansie
konsonansie, dissonansie en ander genotvolle elemente
vervaal die boodskap vanuit sy gees en word vlees
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.