Jongste aktiwiteit:

Soen

Die ouma soen
wat totsiens sê
se lippe is sag
vol fees beloftes
en volle aanvaarding.

Die vreemde soen
wat ken jou nie sê
se lippe is higienies
met afsku gevul
en klein kiemme.

Die eerste soen
wat verbasing sê
se lippe is bang sag
vir onbekende
en lekker seer.

Die hond soen
wat het jou sê
se lippe is meer tong
wat sout
en liefde oop lek.

Die besigheids soen
wat privaatheid se lyne stel
se lippe is mag meters
en bepaal posisies.

Die hartstog soen
wat oorgawe sê
van eie aan ander
met goddelike vuur
en lus.

Altyd verdwyn die soen
die spoel van gevoel
eie lippe sit en wag
styf verbind
op môre
se soen.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed