DIE KRITIKUS
ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]
Plasentaplagiaat
Skommelsee, skeurende sluise in vloed; louwarm spartelasem en bloed. ‘n Helse vuur; vlammende pyn, kom en gaan en kom en gaan en dan verdwyn Soos ‘n wildsbok in ‘n jagtersstrik spartelend na sy vryheid wik; word in barensnood verlig verlos lewend gewend liefdes tokos. In embriogekrulde staat pleeg jy plasentaplagiaat. Uit my moederskoot verwek ontsnap […]
erf(en)is
oor my duin waai woeste wind laag skeer dit oor die golwe wit sproei waai uit elke golf meters ver word sproei weer sout water ver oor die baai lê blou rante berge om reg te wees – piketberg sederberge en baie ver bietjie sneeu die verte waai blou en grys van stof seevoëls vlieg […]
Tannie Sakkie Pampoene (Brons)
Tannie Sakkie het op ‘n plaas buite Wepener geboer. Sy was alom bekend vir haar pampoene. Ongelukkig nie die stroopsoet Hubbard-pampoene wat sy produseer het nie. Tannie Sakkie was soos soveel ander Afrikaner vroue die slagoffer van eersgebore benaming – aan Oupa se kant. Gedoop Isak Florence Koekemoer, agter oorle Oupa Isak en Ouma Florence […]
luuksheid
op my duin gebruik ek dikwels die “speel-weer” opsie dan beleef ek weer elke besluit reg of verkeerd wat ek in my lewe moes neem dit verfris die geheue en dit lê die bitter van mislukkings weereens vas ook die blydskap van sukses dit is die voorreg van ouderdom en aftree tyd ©Teárlach
Die roosboom voor ons huis
Die roosboom voor ons huis Die roosboom voor ons huis is al stokoud. As hy kon praat, sou hy baie stories kon vertel van staan in wind en weer: jaar-in en jaar-uit van koue, droë winters, van versengende hitte, van verwoestende storms en van oorgange tussenin. In die winter, met sy takke kaal en sy […]
tik tak tyd
alles wat is, was al gewees alles wat is sal weer wees tog sal jy nooit weer langs hierdie pad of tyd terug kan kom nie gister is verby en vandag loop uit wat môre moet gebeur sal gebeur, al sal jy om een of ander rede nie daar kan wees nie soms stap tyd […]
klippe sal skreeu
wanneer sterre vallend skreeu die aarde bewend in sy fondamente kraak en steunend protesteer skreeu die klippe hardop Sy naam my duin is slegs ‘n plek van genade waar gedagtes woorde wek en woorde weerklink uit oud modiese mond skreeu die klippe hardop Sy naam oor die fynbos hang daar stilte so ‘n drukkende wasige […]
16 minute voor middernag
Hóór hoe gil die pen sy laat nag epiloë oor enjambemente, rondhol albasters van onthou. Dekorum memorandium, krake van leë bladsye bloei ink versagtend vergeet van die garage pie; hy het self gekots by die prysuitdeeling; Nom de plume: Jakkals van ‘n ander stert snerpend,spandabelrig; katvis van die see toringwolk van idees t’tjies,voetsek tortelduif! Gisteraand […]