klippe sal skreeu
wanneer sterre vallend skreeu
die aarde bewend in sy fondamente
kraak en steunend protesteer
skreeu die klippe hardop Sy naam
my duin is slegs ‘n plek van genade
waar gedagtes woorde wek en woorde
weerklink uit oud modiese mond
skreeu die klippe hardop Sy naam
oor die fynbos hang daar stilte
so ‘n drukkende wasige wolkelose stilte
wat asems afwagtend laat ophou
dan skreeu die klippe hardop Sy naam
see voëls gaan vlugtig voort met sweef
verkennend, altyd verkennend vir voedsel
selfs hulle sweeftogte hang soms laag
as klippe hardop Sy naam uitskreeu
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.