
tik tak tyd
alles wat is, was al gewees
alles wat is sal weer wees
tog sal jy nooit weer
langs hierdie pad
of tyd terug
kan kom
nie
gister is verby en vandag loop uit
wat môre moet gebeur
sal gebeur, al sal jy
om een of ander
rede nie daar
kan wees
nie
soms stap tyd met sekonde-treë
dikwels vlieg dit met spoed
van lig by jou verby
al wat seker is
is dat tyd
loop
uit
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.