Trekpad 2
Trekpad (2)
Ek, Janetta-Helena,
was na die era
van die ossewa
by die donkiewa en perdewa
die spoggerige perdekapkar
en die donkiekapkar.
Ek het op almal gery maar wou
nooit die leisels hou,
ons was altyd agterop die karet
beentjies swaaiend vir die pret!
Die smalwiel ou motortjies
was swetend geslingerdraai
hoes en proes eindelik hortend kies
om te vat by die laaste desperate draai—
Vasval en stoot in sandpad was ons dood
sieltogend dan bultuit en net haal oor die hoog—
Saans was die trekpad se genot
potjiekos uit die driebeen ysterpot
en langs die warm vuurgloed
die platboom ysterpot op kole – viervoet . (Vervolg)
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ai dis lekker om op jou trekpad saam te stap.