VERNIET, MAHALA, PASELLA EN SOMMER OOK FOR NOTHING
VERNIET, MAHALA, PASELLA EN SOMMER OOK FOR NOTHING
Kersfees kom vroeg hierdie jaar; want as iemand ‘n wise-ass hart en ‘n blêrrie te slim vir haar size, cheekygat vrouweesgemaak persent wil hê (verniet, mahala, pasella en sommer for nothing), sê net – oordat ek myne wil weggee aan enige iemand niemand wat bereid sal wees om hulle te vat…
Sien, Bokkie my babie; daai twee bôggers speel Shakespear: ‘All the world’s a stage. And all the men and woman merely players;’ of so iets. Hulle hol soos twee mal blêrrie dramaturge by elke afdraaipadjieteatertjie in en hou konsert met enige flentertjietjie lag, traan en pyn wat hulle in die hande kan kry. In geen numeriese of alfabetiese volgorde nie. Eintlik in net mooi geen freakin volgorde, as jy my vra…. Jipieeee, die sirkus het tent in die dorp opgeslaan. Met sy rooimond narre – I’ll bury my soul in a scrapbook’ iewerster in die swart as van my Ghwarriegat…. As daai twee blêrrie fools dit nie weer aspris gaan uitkrap nie.
‘With the photographs there in the moss;’ behoort ‘n dwaalspoor in Jack en Jill (ten spyte van haar naam is sy ‘n heel oukay ou dogtertjie) se pad te sit…. ‘my cheap violin and my cross;’ maar. Maar skryf die viool ‘n kitaar en. En kry jou iewerster in die nag – ‘die Hillbrowtoring gooi sy sein.
Sy sein.
Sy sein vir die junkies wat wag,’ en dis ek wat junkies ‘n slegte naam gee. Cause why omdat en oordat hulle raak darem hoog op die Red Dragon se rug, met Brown Sugar sonder melk of koffie. Dit klink darem net so ligweg meer stylvol en with-it as vars lug en ink! Honor bright. Al lieg daai rooi en bruin marionette dat hulle die pad uit elcheappo se nagmerriekasteel soos die palm van hul pote ken: gee. ‘Gee. Jou sente. Jou drome;’ al wat hulle ken is die doëlhowe dieper die donker bangkasteel se walging binne. Verskanste verlossing wat die hel net groter, wyer in jou lat drup; drup. Drup. Jou stadig maar seker meer berekend kan help vrek – jou toekoms vol gate. ‘Gee jou hart vir Hillbrow’ of sommer vir Pitsburg. Of enige ander tweegat jakkals met ‘n badge.
‘And you”ll carry me down on your dancing to the….. saak nie maak nie. Maar, nogtans, Bokkie my babie. Om te trip op vars lug en skrywersink klink so banaal en stoïsyns soos ‘n studpartie met rooikoeldrank en voorlesings uit ‘n vooroorlogse hygroman – jy hyg elke keer wanneer die held sy geweer herlaai….. ‘Een aand op ‘n trein na Pretoria.’
Die weer was bitterlik koud en my reputasie sal mos nooit weer dieselfde wees nie! Ek’s darem honor bright die GhwarriegatQueen. Nie Emily Hobhouse nie. Kan nou seker ook by die volgende kerkbazaar (as hulle my sal toelaat dat my donker skadu oor hulle val) spog: I used to be infamous but now I’m just famous!…..
…… Oukay. Goed. Gaaf. Reg. Vir wat dit werd is – ek gaan nie moed opgee nie. Sielsambok in die hand weer probeer voel, wees en woordemaak wat nie in ander boeke staan nie; cause why omdat en oordat hulle wag nog om gebore te word. Ervaar te word….. en daar gaan ekke alweer……
JaJa – ek weet daar’s mense wat nie van my manier van skryf (en doen en los) hou nie – maar ongelukkig kan ek nie anderster nie.
‘It’s hard to dance with the devil on your back;’ uhm, dis……… My pen se ink loop, huil, lag waar sy wil; oordat en omdat my hart en my vrouweesgemaak altyd wil foeter op ‘n pad wat nog ongekaart is. Altyd wil karring met goeders wat helemal wegverloor is in die labrinte van my wees. My sielsambok skryf soos wat sy wil. Whiplash soos sy wil – soms slaan die haar ink my ook flenters!
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag ‘n stukkie Hemel-plagiaat wees.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.