Jongste aktiwiteit:

Vir die resensent – Opdrag 1

Nog ‘n frommel-versie
en jy delf nagte diep vir strekkings
wat jou vaardig denke bly ontwyk,
soek vir beeld en metrum,
pluis die rym en lyn,
tob oor dieptes en te vlaktes,
al die pseudo’s en abstraktes.

Kry ‘n hoër ou Pandora
se kis om in te gra,
speur nog ‘n naakte keiser
se yl bedekkings na
en los maar my klein skepsel
net hier by sy ma!

Of jy dink dat omslag dertien
is wat hierdie ding verdien,
dit skeel my nouliks iets
of jy my clichés vind –
dié gedig is vir jou wind –
hy bly my muse-kind!




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed