Vroegoggend gedagtes
Vroegoggend…
Die lig wat skalks die Oosterkim verkleur,
sit ek buite op die stoep,
‘n beker swart koffie met gedagtes alleen…
en luister onwillekeurig
n die dag wat ontwaak.
Die reuk van dou op vars gesnyde gras,
soos die van ryp waatlemoen,
‘n Hadida wat wreed sy slaap verloor,
en dan die rus verstoor.
Ek sien jou voor my geestessoog,
In herhinderinge van gister….
stil in die arms van slaap,
onskuldig en onaangetas,
jou donker hare sliertig oor jou wang.
En ek wil saggies uitreik,
jou hare stil wegvee,
en na jou sit en kyk…
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.