Jongste aktiwiteit:

winter

sy strek haar hand uit
betower met naakte skoonheid
passievol dans sy oor bergtop en vallei
waar sprokie wit sneeu verlei
met die yswind in haar hare
strooi sy ‘n kombers van herfskleur blare
om ongebore lewe veilig te bewaar
lewe wat lente in die najaar baar
sy sus die bome tot rus
toor oranje tulpe, lelies en spierwit iris
sy omgewe jou met laventel geur
dahlias van elke kleur
versier haarself met sneeuvlokkies
orgideë, hiasinte en narcis klokkies
tog ongenaakbaar hard en koud bly sy
haar ysvingers vou om my
‘n beeldskone ontrou vrou
wat lewe in dood toevou
sy stroop hoë bome tot ‘n kaal skelet
vra meer as wat jy het
sy laat my ril
as ek in haar oë kyk so onheilspellend kil




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed