Verwronge lewens beelde
Wasig wit die warrelende winter mis,
wat klewend nat vasklou,
als omvou…
Die aarde en my siel … sag bedek
‘n Surialistiese tafereel,
homself afspeel…
Dwarrelend tussen stam en klip ,
En dan … momenteel,
die landskap bar ontbloot,
om skielik weer …
die lewe te verbloem
Al wat oorbly
in jou geestesoog,
‘n Vae skewe beeld…
Van wat jy dink jy sien
Maar tog die realisme
Van wat jy wel onthou
© F Jansen van Vuuren
4 Kommentare
-
-

Kiekies
Uit-flippieng-stekend verwoord! Veral daai eerste strofe...heng dis goed!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Wow, hierdie gedig sê so baie. Baie goed gedoen.