Jongste aktiwiteit:

Ovamboland word wakker

Bleekblou Afrika winter-dae,
koue nagte wat skerp sny… deur murg en been,
my  laat wakker lê…en bewe,
tot net voor die son opkom.

Vaal geel grasse,
wat saggies roer in die oggend bries.
Die flou strale van die vroeë oggendson,
wat voel voel vingers uitsteek
en roesrooi mopane blare,
wat raserig ritsel sonder ophou…
die geur van goedkoop oggend koffie,
uit ‘n rantsoenpak.

‘n Eerste sigaret, bakhand verskuil teen die elemente
en die klank van bewegende R1 dele,
wat skoongemaak, geolie word…

Ovamboland word wakker
Vir nog ‘n dag

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed