Net nog n dag
Die son brand vel neer
en dors trek lewensvog uit jou siel…
Eens bruin soldate klere,
swart met sweet bevlek, maar droog,
onder ‘n swaar gelaaaide pak
Gister was die laaste water,
‘n stink half liter, besmet met ou beespis,
gepers uit swart nat modder
gegrawe uit ‘n ou vergete watergat…
Maar nat
Jou sigarette lankal klaar,
net soos jou kos.
En mopane vliee wat swart saamkoek,
rondom die laaste vog…
in jou oë
Vannaand wag weer‘n Vlak gat in die sand,
en dors,
onder ‘n skitterende sterrehemel…
Totdat dit more oor begin
Net nog ‘n gewone dag,
terwyl iemand iewers
yskoue bier drink …. En lag
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.