Titel: Rooi-rooi hart
Deur Palet

Jy bly die hartseer in my sug
en die drome in die lug
jy breek saam met die branders
gloei saam met die sterre in die nag
Ek mis jou tussen
die donker en die son
want soms pak die skimme
my rooi-rooi hart beet
‘n Oomblik van die donker daar buite
ek wonder of jy soms
…ek wonder,… ek weet …
ek wil jou nooit vergeet
Loretta Szikra
Mooi geskryf Suzette.
Soms is dit beter om liewer te vergeet.
Palet
Dankie vir die kommentaar
Okatopi
Pragtig
Palet
Dankie baie
Kiekies
Sjoe dis pragtig!!