Jongste aktiwiteit:

WANT JY IS ‘N PÊRELVROU

WANT JY IS ”N PÊRELVROU

‘n Oester moet eers stukkend gaan; voordat daar uit die eina van sy hart ‘n edelsteen kan skeur. Een laatnag lank-lank gelede op ‘n Plek ver-ver van hier het God weer die berg met sy geheime en mistieka uitge
klim; steeds soekend. Onder Sy voete het saffier en robyn se glinster gespat teen die witgloed van die maan en die wilde dans van die sterre – Ek slyp ‘n robyn en kweek ‘n krisant. Die skoonheid van smarag het in die lagplooitjies langs Sy oe flikker-flonker gelofdans en skaterlaggend die engele se oe ‘n oomblik of twee; drie verblind. Tussen al die skoonheid van juweel en glans het Hy gaan soek – Sy hande steeds leeg. Want die juweel wat Hy gesoek het vir die Sonkring van Sy hart se kroon het Hom bly ontwyk. ‘n Traan het nat geval; blink gespat oor die enigma van diamant en rou, onverdunde skoonheid van juweel en edelsteen. Omdat Hy geweet het Sy angsbevange, ewigdurende soeke sal niks oplewer nie; DIT wat Hy soek le ongebore in die hart; Gees; die lyf van Sy enigste Seun. Sy eie kosbaarste aanspraak op Vaderskap…Ja, Hy het geweet. ….En, ja, Sy Seun het ook geweet……Stil het Hy nader gestap; met Sy kop teen die hartklop van Sy Pappa geleun – soos altyd; soos wat Hy altyd se nou en altyd se ewigheid gedoen het. Sagteer het Hy oor die donkerhare van sy kostelike Seunskind gestreel; opgekyk…Opgekyk en vasgekyk in die passie van die donker oe se ongerepte gloed. Skielik geweet. skielik besef; die drif in die hart van Sy Eersgeborene sal Hy nie kan keer nie. Die vloed van daai vreemde, ongetemde hartstog sal elke vesting oorspoel….. Oorspoel. Een laatmiddag lank-lank gelede op ‘n plek ver-ver van hier het Sy Seun vasgekap aan ‘n stuk vloekhout soos ‘n weggooi dier gesterf. Daar op die vervloekte plek wat hulle noem die: Skedelkop. Steeds laat die gedagte Hom ineenkrimp soos ‘n fetus gearborteer – Sy Seun. Sy enigse Seun; maar dan vloei die trane oor in’n glimlag as hy daai juweel vashou waarna Hy so lank gesoek het…..Daai helse, eina Skedelkopdag het daar uit die sy van sy Seun ‘n blink, skitterwit juweel geval. En Hy het die Bloed met die trane van angs en verskrikking; en Hemelse vreugde van haar afgewas. Met bewondering na haar gekyk en stil verklaar: “Jy is uit ‘n Tempel van pyn gebore en daarom is jou skoonheiden jou enigma ver bo enige juweel, enige skoonheid. Jy is duur gekoop. Jy is wonderbaar en Ek sal jou vrou noem – Perelvrou. Die duurste, kostelikste juweel in die Sonkring van My hart. En eendag sal jy die bruid van My Seun wees.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag sommer roekeloos mooi wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed