skete
winde van verandering waai
soos ‘n stewige suid-ooster
ruk en pluk aan al wat lewe
oues duik weg agter deure
jonges bly tuis om te leer
kamofleerde figure beweeg
kopers wys akrobatiese spoed
winkels toon “ons is toe” gesig
straatligte skyn in neon verstar
vier rigting strate wink vaal
robotte wissel soos voortande
sperstrepe lê verlate en leeg
wêreld se skete open in splete
aktiwiteite verstar in kompromie
met hewige plaag in traksie gehou
daar is net tonnels van duister
die lig verlaat stil die verhoog
elke hart krimp van skril vrees
saans is daar geel venster ligte
skyn oor donker swart strate
waar Lig verborge staan en wag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.