
Watter Genade
koes koes loop die krappers
en buurtwag ry in Isuzus
altwee ewe genadeloos
teen mekaar
ń flenter bergie
en oranje jurktjie wag
hunker na genade
winter klere
hande klap hurk die bergie
by swartsak uitgooi klere
is dit buurtwag genade
of die Here?
© Koos Elsum ♾️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.