
Vasgevang
bakstene word gepak
een vir een ingesement
op fondasies diep verborge
om glashuise met mooi gordyne
tot stand te bring
stukke staal gesny
vasgemoer op nog staal rame
pas knus om elektromeganiese kerne
in die top vyf veiligheidskategorieë
pikswart in moderne vorme
tussen die kar en haart realiteit
staan die skuld ryk werklui
en die arm kriminele
onafhanklik staan die twee
voor dié gesamentlike werklikheid
twee paar oë gluur saam
naywer brand in die een
kansvat flikker in die ander
dis vier waarheidvensters
want oë lieg nie
© Koos Elsum ♾️
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek