Beliggaam
Beliggaam
Die seuntjie vaderloos gelaat
moet die geestelike taal ontgeld
dat Jesus nou sy pappa is
– dit gaan nie werk nie – stotter hy
deur ‘n biggelende traan
– Jesus het nie ‘n bakkie nie –
Jakobus broer van Jesus
kon dit nie duideliker weet
hoe word mens warm en versadig
maar jy kry niks om te eet
Jesus voed die honger skare
met vissies en ‘n brood
vleeshande van sy volgelinge
reik tot hul dieper nood
Die stal, die krip, die aardse stof
breek deur die verste hemelgrens
twee voete wat deur woestyne plof
eggo gewis – seun van die mens –
ons offer op verbeel-altare
met moue afgerol
ons tokkel geestelike snare
maar die note klink so hol
en wis eers as die grys begin
ons vlerkies baat die wêreld min
-cs-sep-2023-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek