Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soveel spore

Deur Palet
Datum gepubliseer: 4 Maart 2021 Aantal woorde: 135 163 Kere gelees 3

Jy gooi jou hart vir mense
mense wat dit nooit wegbêre, maar weggooi
want elke keer kry jy dit reg
om maar net weer te glo

Nou kruip ek weg in ‘n doornboom geel huisie
met goudgeel blompotte oral op die stoep
en oral is woorde teen die mure geverf, wat my hart weer heelmaak

Wat elke leemte vul
elke dag weer volmaak
en my lewe weer laat sin maak
my van al die seer losmaak

Ek het lank daar gebly
en gehoop dat my gisters en nous beter sal voel
en ek weet tot vandag toe nog
wanneer het mens dan genoeg

‘n Duif het oor my gevlieg
en in die hoogste boom se tak gaan sit
wat my siel trosend oplig
al voel my spore
Betrap
Misgetrap
Vertrap
en my hart platgetrap




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    4 Maart 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek

  2. Tearlach

    6 Maart 2021

    Baie mooi

  3. Palet

    13 Maart 2021

    Dankie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 424
Kommentaar telling: 357

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 94 gaste aanlyn

Bydraes – Argief