Maria Brons
Maria
Maria,
het jy geweet en het jy verstaan
toe die Heilige Gees langs jou kom staan het.
Mense het gepraat
en geskinder oor jou
en die seun
wat jy sou verwek.
Met ongeloof en gelag
is jy aangestaar
toe jy aan hulle openbaar
dat jy as maagd jou kind sou baar.
Maria,
het jy geweet en het jy verstaan
dat hierdie seun anders sou wees,
gebore, nie deur ‘n man,
maar verwek deur die Heilige Gees?
Toe die mense oor hom begin praat,
wou jy hom beskerm teen hulle haat?
Maria,
het jy geweet en het jy verstaan,
toe hy soos ‘n krimineel hom dood moes bloei?
Met watter emosies moes jou moederhart stoei?
Onskuldig is hy gekruisig
en niks kon jy daaraan doen.
Hoe kan ‘n moeder daarmee versoen?
Maria,
het jy geweet en het jy verstaan
toe hulle sy liggaam van die kruis afhaal.
Jy het gevoel asof jy hom faal,
maar het jy geweet dat dit so moes wees?
Maria,
het jy geweet en het jy verstaan
dat hy bestem was om die kruisweg te gaan?
Sy dood sou aan ander die lewe bring,
daarom moes jy eintlik oor sy dood kon sing.
Maria,
al het jy geweet,
al het jy verstaan,
wou jou moederliefde dit keer.
Jy sou dit anders wou hanteer.
Hy het opgestaan, die dood oorwin,
maar ‘n moederhart bly seer.
GROTER LIEFDE HET NIEMAND
AS ‘N MOEDER VIR HAAR KIND NIE,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek