Jongste aktiwiteit:

ENGEL IN SWART

Die engel in swart,
is die draer van smart.
Die engel in swart,
is die een wat jou so skielik kom vat.

Geen tyd om te groet,
net die belofte dat ons dalk weer sal ontmoet.
Geen laaste woord,
voor die intrede van die dood.

Die engel in swart,
is die draer van smart.
Onverwags raap hy jou uit die lewe.
Die engel in swart laat almal bewe.

Geen tyd vir regmaak wat jy verbrou,
net die wete dat jy op God vertrou.
Geen laaste gebed,
geen manier om jou siel te red.

Maak jou lewe reg,
lewe vir God en wees eg.
Bekeeer jou vandag,
jy weet nie waar die engel in swart jou inwag.

En wanneer hy jou kom haal,
glimlag,en laat die liefde van God uit jou straal.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed