EENSAAMHEID
Hoor hoe huil die Augustus wind,
soos n hartseer,verlore kind.
Die geritsel van die blare,
die gedruis van die bloed in die are.
Dit is verlange wat jou dryf,
om jou diepste denke neer te skryf.
Eensaamheid wat jou laat dink
aan n lee more wat wink.
Beloftes van n nuwe dag,
wat jou vul met krag.
Die more son wat jou vrolik groet,
wat jou laat opstaan met nuwe moed.
Net om te besef dat jy jou gisters herleef,
dat jy jouself in n kokon toeweef.
Dat die dae kom en gaan,
en die eensaamheid bly staan.
4 Kommentare
-
-
Palet
Eensaamheid...goed beskryf. Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek