Jongste aktiwiteit:

MY ENGELKIND

Soos n dief in die nag,het die dood nader gesluip,
om ons liefling kind uit ons lewens weg te gryp.
Die kanker was vir haar net te veel,
sy wou nog hardloop,en buite speel.

Die pyn het haar verteer,
daar was niks wat ons kon doen om dit te keer.
Die pyn was vir haar net te erg,
dan het sy gevra “Mamma, wanneer kom vat Jesus my weg?”

Sy wou net by Jesus wees,
die dood het sy nie gevrees.
In haar slaap het sy stil heen gegaan,
op haar bleek gesiggie,net een enkele traan.

Elke dag verlang ek na my kind,
maar ek weet sy het rus en vrede gevind.
Daar by Jesus is sy nou gesond,
sy hardloop en speel in die hemel rond.

Sy moet net altyd weet,
dat ek haar nooit ooit sal vergeet.
Eendag sal ons mekaar weer vind,
want vir ewig bly sy my engelkind.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed