![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2020/03/57430738-9204-4979-BE60-DC8AF0CE8AD0.jpeg)
Werk
Eie grond lê gesout
in generasies se sweet
van son werk
onder winter skuld.
Buur grond meestal vrugbaar
met milde water, sagte son
oeste vorder
ongestoord.
Uitstaande ander se gawes
eie vermoë so beperk
alles van waarde
in vreemde land.
Naaste loop
met selfde ledemate
oor grond, water, mis
net werk alleen
die verskil tot sukses.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.