Winterwals (1)
Vat my en dra my soos ‘n skoen
sodat ek saam jou kan wandel
en koeterwaals,
oor die donker donderwolke
wat bots en blits,
vêr en grys oor die berge-
waar witsneeukomberse my liefde bedek,
roep my stem soos ‘n hadeda
vanuit my kooi,
na waar jy wintermooi tooi.
©Morné du Preez
3 Kommentare
-

Koos Elsum
Morne daar laat jy my gryp na die HAT om koeterwaals te verstaan en toe is dit nie dans maar ons geliefde woorde baie pragtig. Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek