mis
uit digte mis kom daar strepe sonlig sonlig wat stadig oorneem mis verdwyn in konveksiestrome strepe miswolke hang laag verwaai oor duineveld onder droog sand af plante sug en hoop mense gaap en werk verder ©Teárlach
gedagtes
waar ek teen berg opstap op eeue oue voetpaadtjie uitgetrap deur vele voete ruwe voete sonder skoene baie styl kronkelende roete hoog op teen blou kranse bo sit ek op oeroue rotse saam gesmelt in oer tye grof verweerde vulkaniet beskou ek vlakte verder suid van groot spelonken to ver teen wolkberge aan so leer […]
Saad van ewigheid
Die blommetjies wat plate in die veld staan kosmos teen die hange in valleie op sypaadjies en tuine ‘n Strelende koel windjie speel-speel deur hul blaartjies so laf, broos unieke mengelmoes ‘n glans van ontasbaarheid Hoe perfek is hierdie opregtheid, skoonheid in herfs met hul agt kroonblare windstil die wolke soos ‘n sagte duvet van […]
As daar ‘n god
as daar ‘n god die ewigheid beskik skepper van ruimte en van tyd, wat materie en energie in die groot heelal rangskik uitspansels sonder einde of begin in ‘n grootse kosmos orden lê vir my waarheid in die melkweg in die spel van lig en donker die opkoms van die son en maan in seisoene […]
Vertroosting in seisoene
Ek het nooit eintlik herfs geken nie. Hier in Namibië word dit nie langsamerhand winter nie; een dag is dit nog warm en skielik oorval die eerste koue front ons. Ons het dus nie die wonderlike oorgang van somer na herfs na winter met die pragtige verkleuring van bome van geel, amber en rooi tot […]
Lewensvreug
In die ritme van my aardse bestaan waar ek deur fases van lig en donker gaan is daar soms skadus van verlies en pyn soms sweef ek vry in die helderblou lug, vry, vry soos ‘n voël in vlug, skyn deur die donker kokon uiteindelik weer die lig kom vreugde in pakkies met sterre versier […]
Kruik vol trane
Met eerste lewenslig van lewe, was jy daar – met eerste asem teug, vreemd en tog gehoort, sien ek jou sleepvoet tussen kinders soms baldadig en oorboord. Met eerste tiener liefde was jy daar – ongevraagd deel van die verhaal, word jy deel van die liefde seer wat soos die namiddag reën neer daal. Met […]
Woorde tussen jou en my
Ek wou nog vir jou… ‘n Fênsie gedig skryf en spog met my taal en ‘n ou digterslyf laat pronk – toe my muse verdwaal en daar laat ek die aap uit die mou. Ek wou nog vir jou… klank met klinkers en waardig afdraand waggel met rymende woorde en tooi’ende blinkers sonder om woordloos […]
Dagbreek
Elke oggend wag ek vir jou… om die hemel te tooi in rooi, om jou nag kombers af te skud, om te glinster in die mȏre dou. Jou warm strale op my gesig – om jou kalmte te ervaar jou rustigheid – namate jy die wȇreld verlig. Jou glans, sag en warm wyl jy liefderik […]
Lappies kombers van ‘n Engel
Onthou jy nog die Slamaaier smous en sy donkie wat stadig loom in sy sonnedroom… langs pop’lier in die oggend dou? Van appel en granaat tussen als en nog wat snuitery en twak tot lappies lap en brokaat vir ‘n sjieling of twee koop jy ‘n week se snoep vir algar oppie stoep voordat die […]