Saad van ewigheid
Die blommetjies wat plate
in die veld staan
kosmos teen die hange
in valleie
op sypaadjies en tuine
‘n Strelende koel windjie
speel-speel deur hul blaartjies
so laf, broos unieke mengelmoes
‘n glans van ontasbaarheid
Hoe perfek is hierdie opregtheid, skoonheid
in herfs met hul agt kroonblare
windstil die wolke soos ‘n sagte duvet
van pienk, wit en pers
Die wortel daarvan is oneindigheid
die stam is stilte
die blare ‘n kroon van sagte eenvoud
die blom van ewigheid
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek