Jongste aktiwiteit:

Lappies kombers van ‘n Engel

Onthou jy nog die Slamaaier smous
en sy donkie wat stadig loom
in sy sonnedroom…
langs pop’lier in die oggend dou?

Van appel en granaat
tussen als en nog wat
snuitery en twak
tot lappies lap en brokaat

vir ‘n sjieling of twee
koop jy ‘n week se snoep
vir algar oppie stoep
voordat die donkie tree.

Ma koop bont lappies lap
met naald en garing…
ek staan en kyk teen die varing
hoe sy met die bont lap stap.

Die kole glim nog in die koolstoof
met die geur van warm brood
en ma sit met die lap in haar skoot
voor sy die kers uitdoof,

steek vir steek, lappie vir lappie
maak sy ‘n skepping van bont onthou’tjies
van smouse en donkies,
warm brood en oumens kappies.

Ma, maak my toe onder jou lappies kombers
sorgloos warm met ‘n hart van ‘n kind
sonder suur of oumens kwint
in hierdie grootmens wêreld en sy donker kers.
Ek wil kind bly met suiwer
laggies vergifnis so opreg
sonder volwasse huiwer
en alewig twis op jou weg.

Grootmens seer so groot –
ons lief het verloor langs die pad
al soek jy in die sloot
het riool jou hart gevat

hoe maak mens heel
sonder hartklop se doef-doef-doef
as smart jou geluk steel
en liefde jou op skroef?

Nestel saam hier onder my lappies kombers
wyl ek ‘n konka brand maak
teen die wêreld se kou en harteleed
prewel ek ‘n gebed met ‘n brandende kers
totdat my woorde die hemel raak
en die engele ons geluk af meet.

Onthou jy nog die Slamaaier smous
en sy donkie wat stadig loom
in sy sonnedroom…
langs pop’lier in die oggend dou?

Van appel en granaat
tussen als en nog wat
snuitery en twak
tot lappies lap en brokaat

vir ‘n sjieling of twee
koop jy ‘n week se snoep
vir algar oppie stoep
voordat die donkie tree.

Ma koop bont lappies lap
met naald en garing…
ek staan en kyk teen die varing
hoe sy met die bont lap stap.

Die kole glim nog in die koolstoof
met die geur van warm brood
en ma sit met die lap in haar skoot
voor sy die kers uitdoof,

steek vir steek, lappie vir lappie
maak sy ‘n skepping van bont onthou’tjies
van smouse en donkies,
warm brood en oumens kappies.

Ma, maak my toe onder jou lappies kombers
sorgloos warm met ‘n hart van ‘n kind
sonder suur of oumens kwint
in hierdie grootmens wêreld en sy donker kers.
Ek wil kind bly met suiwer
laggies vergifnis so opreg
sonder volwasse huiwer
en alewig twis op jou weg.

Grootmens seer so groot –
ons lief het verloor langs die pad
al soek jy in die sloot
het riool jou hart gevat

hoe maak mens heel
sonder hartklop se doef-doef-doef
as smart jou geluk steel
en liefde jou op skroef?

Nestel saam hier onder my lappies kombers
wyl ek ‘n konka brand maak
teen die wêreld se kou en harteleed
prewel ek ‘n gebed met ‘n brandende kers
totdat my woorde die hemel raak
en die engele ons geluk af meet.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed