Kruik vol trane
Met eerste lewenslig van lewe, was jy daar –
met eerste asem teug, vreemd en tog gehoort,
sien ek jou sleepvoet tussen kinders
soms baldadig en oorboord.
Met eerste tiener liefde was jy daar –
ongevraagd deel van die verhaal,
word jy deel van die liefde seer
wat soos die namiddag reën neer daal.
Met die eerste lewe gelaat, was jy daar –
sonder jou gewaad wat verskuil,
bloots… sonder saal het jy gery
al wou ek my siel toe veruil.
Telkemaal skut ek jou uit my binneste … uit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.