ballade van sy duin
met tyd het jou gedagtes woorde gebaar vlieswolke van waterskuim om hul heen jou filosofie in die kleine mense vergaar onder sambrele van idees in harde reën met berge en dale vol wind wat dreun die profesieë waaruit indrukke verbleik het jou woorde net gedraai om die seun op watter duin gaan jou sitplek pryk? […]
Aarde onvoorsiens
grou is die nag omvou die aarde met lig skielik uit die duisternis vasgevang met arms van tou vasgebind daal dit neer op die aarde rollende seepbel onvergeetlike prentjie nimmer eindig omstrede wanbalans die aarde onvoorsiens onverklaarbare verandering 1 Sept 2019 ©Louisa van Vliet Amazon
Tussen nowhere en nerens
diep in velde in waar waters rus waar woude en bosse groei herfs besaai lê die lappieskombers blare fladder van tak na aarde beleef ek my en jou se liefde tussen nowhere en nerens waar ‘n bruggie gebou is staan ‘n tafeltjie met bankie en hardloop my gedagtes vanwaar die brug, tafel en bankie diep […]
JUFFROU LIZA (opgedra aan Liza)
JUFFROU LIZA (opgedra aan Liza) Juffrou Liza skilder van die Mona Lisa jy is ‘n pragtige meisiekind volg jou passie soos ‘n dwarrelwind klein kinders se gesiggies straal soos die kleinste liggies die graad R se kleinste kindertjies speel in die klassie lekker speletjies die skooltjie het juffrou nodig kinders het jou drukkies so nodig […]
Een dagbreek, as die lente blom
spit ek pers viooltjies uit my tuin en dra dit ver, tot in jou erf om dáár te plant waar smiddags laat skadu’s oor jou landskap verf wie gaan daar, sal jy dalk wonder (wyl voëltjies skemeroggend sing) – dis ek, dis ék wat blomme na jou akkers bring en jy sal wis, as jy dit […]