Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
buite seisoen
uitgelate baljaar strandlopertjies hulle voetjies byna onsigbaar in beweging vir ongeoefende oog soms net ‘n wit streep wat al langs die water some paradeer vanuit my nes op die duine sitplek beskou ek die blou see wat witpunte lewe in stewige suid-ooster wat alles wil wegvee my meeue vriende skeer laag oor en weer eenkant […]
Vreugde
VREUGDE Dit is ‘n wonderlike lenteoggend. Lila is buite in haar ouma se vrolike blomtuin. Sy hoor die bure se kinders in hulle swembad baljaar. Die hondjies blaf aanhoudend; hulle is seker weer by die visdammetjie, besig om vir die visse te blaf. Die son se strale skyn sag en vul die lug met heldergeel […]
Flamink pienk
Na die kaal koue winter het die bloeisels aan die boom soos die hemel gelyk ek kon net nie ophou daarna kyk Vir lank het ek net daar gestaan dit is die mooiste mooi ek’t my asem diep ingetrek gevoel hoe die sonlig warm oor my hart vlek Toe pluk ek ‘n takkie met een […]
Droogte en reën
Drooggeteisterde plaasvoorman hier lê ou Lanie Louw met sy sorry suur gesig heel stoksielalleen toe dit skielik begin reen uit moedverloor se vlakte gryp sy drome weer na lug die winde van verandering stuur hom op ‘n vêr vêr vlug stof skuif op vir ‘n druppel of ‘n drop droog was die aarde dof was […]
Die Touloper
Die touloper Elke tree wat hy gee verbreed die verby, verhaas die bestel, wyl die afgrond bly As sy voet gly en hy bo kan bly, sal hy weer glo hy maak dit daarbo Met spiere gespan, bewus van benede, bevry hy sy gemoed met gewyde gebede As sy voet rus, word hy bewus, van […]
vertrek van die albatros
hoogspannings drade slaan viervoetig neer hoofpaaie word geblok met voertuie wat brand internasionale gemeenskap sal nie reageer besighede word gestroop van alles in die land hoogdrawende elite kyk af oor hul neuse sit eersteklas op vliegtuie en verlaat die land die wat vertraag word gil soos betelgeuse storm met viertrek voertuie weg oor die sand […]
September 2019 projek – Lente
‘n Nuwe seisoen het aangebreek! Daar is altyd hoop – maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie. Die deurlopende tema vir September se projek is as volg: 1. Jou skryfstuk moet nuwe lewe suggereer (suggereer: iets word nie direk gestel nie). 2. Jou skryfstuk moet in die styl van ‘n VERPLASING geskryf word (verplasing: […]
Skaduwees van gister deur Lynelle Clark
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rondjaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees, maak nie saak watter oorwinnings of deurbrake ons beleef het nie. Dit is hierdie skaduwees wat ons […]
Teresa – ’n vrou wat ék onthou
Met klein bietjies bietjies pêrels van liefde het jy die wêreld se ballinge met hoop aangeraak; kreupel gepeupel wat niemand wou hê het langs die armste van armes teen jou boesem gelê Krotbuurtkinders het bakhand hoopvol na jou gedraai, wyl persona non grata (die wesies van Kolkata) in moederliefde kon baai Vir terminaal siekes was […]