Jongste aktiwiteit:

vertrek van die albatros

hoogspannings drade slaan viervoetig neer
hoofpaaie word geblok met voertuie wat brand
internasionale gemeenskap sal nie reageer
besighede word gestroop van alles in die land

hoogdrawende elite kyk af oor hul neuse
sit eersteklas op vliegtuie en verlaat die land
die wat vertraag word gil soos betelgeuse
storm met viertrek voertuie weg oor die sand

langs die kus sweef meeue sonder haas
op my duin sit ek die horison en dophou
oor duine en strande met golwe wat raas

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed