
Teresa – ’n vrou wat ék onthou
Met klein bietjies bietjies
pêrels van liefde
het jy die wêreld se ballinge
met hoop aangeraak;
kreupel gepeupel
wat niemand wou hê
het langs die armste van armes
teen jou boesem gelê
Krotbuurtkinders het bakhand
hoopvol na jou gedraai,
wyl persona non grata
(die wesies van Kolkata)
in moederliefde kon baai
Vir terminaal siekes
was jy ’n halfweghuis
waar jy die pad na die lig
aan die sterwendes kon wys
Heidene se sondes
sou jy goedgunstig afspoel,
al het jy soms self
godverlate gevoel
Geloof ras en status
het jou nimmer geskeel
die liefde vir jou naaste
was fundamenteel
o n b a a t s u g t i g
in humaniteit geseël
©Loretta Szikra
8 Augustus 2019
Projek: Litnet vrouemaand
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.