
ballade van sy duin
met tyd het jou gedagtes woorde gebaar
vlieswolke van waterskuim om hul heen
jou filosofie in die kleine mense vergaar
onder sambrele van idees in harde reën
met berge en dale vol wind wat dreun
die profesieë waaruit indrukke verbleik
het jou woorde net gedraai om die seun
op watter duin gaan jou sitplek pryk?
vriend, vyand en volk het jou gelees
met kommas en punte woorde vergaar
hier en daar het een jou selfs gevrees
jou straatdigterskap as wulps verklaar
met oog en oor jou werk moes ervaar
selfs tyd moes iewers verouder en wyk
tot woorde sinne maak en jy tog verjaar
op watter duin gaan jou sitplek pryk?
dreunsang het telkens geweld gebaar
jou woorde laat mense skaam en sku
rook het oor blou lug oorlog verklaar
barbaarse geskreeu en dade so kru
strome van mense wat plunder slu
het jou woorde dan altyd so gelyk
weerstand wat onder moeras uit du
op watter duin gaan jou sitplek pryk?
vra jouself dit nog eenmaal klaar
digter waar jy ook heen mag wyk
waar jy dalk eensaam sit en staar
op watter duin gaan jou sitplek pryk?
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.