Die Touloper
Die touloper
Elke tree wat hy gee
verbreed die verby,
verhaas die bestel,
wyl die afgrond bly
As sy voet gly
en hy bo kan bly,
sal hy weer glo
hy maak dit daarbo
Met spiere gespan,
bewus van benede,
bevry hy sy gemoed
met gewyde gebede
As sy voet rus,
word hy bewus,
van sy talent en sy gawe
en sy Heer se genade
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek