buite seisoen
uitgelate baljaar strandlopertjies
hulle voetjies byna onsigbaar in beweging
vir ongeoefende oog soms net ‘n wit streep
wat al langs die water some paradeer
vanuit my nes op die duine sitplek
beskou ek die blou see wat witpunte lewe
in stewige suid-ooster wat alles wil wegvee
my meeue vriende skeer laag oor en weer
eenkant op ‘n rots sit swartwang albatrosse
met twee wilde eende wat sit en honkend roep
oor die gladde strand stap daar mense buite seisoen
wat voel – voel die weskus water wil beleef
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek