Tussen nowhere en nerens
diep in velde in waar waters rus
waar woude en bosse groei
herfs besaai lê die lappieskombers blare
fladder van tak na aarde
beleef ek my en jou se liefde
tussen nowhere en nerens
waar ‘n bruggie gebou is
staan ‘n tafeltjie met bankie
en hardloop my gedagtes
vanwaar die brug, tafel en bankie
diep in die woude in
waar berg en klowe mond aanmekaar
tussen voël gesang en die wind se gedruis
loop ek en jy alleen diepe gedagtes
beleef ons liefde groot so naby mekaar
stil betrag ons die omgewing
die perfekte plek vat ons hand aan hand
ewige liefde diep in my hart
begin ons die pad saam te loop
tussen nowhere en nerens vind ons mekaar
so word die grootste droom in my
bewaarheid in gedagtes ver heen
waar blare konfettie reen
in herfskleure saam gevoeg
ek en jy stille bewondering
saam stap ek en jy
hand aan hand verlore
tussen bome, blaar en water
ons samesyn uitgebeeld
in die water se spieelbeeld
die kus van ‘n lewenspad
toegevoeg in een omhelsing
weet ons niks meer tel
as net ek en jy en die stilte
rondom ons ‘n Godgegewe sein
1 Sepember 2019
©Louisa van Vliet
(Amazon)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.