Jongste aktiwiteit:

JUFFROU LIZA (opgedra aan Liza)

JUFFROU LIZA (opgedra aan Liza)

Juffrou Liza
skilder van die Mona Lisa
jy is ‘n pragtige meisiekind
volg jou passie soos ‘n dwarrelwind

klein kinders se gesiggies
straal soos die kleinste liggies
die graad R se kleinste kindertjies
speel in die klassie lekker speletjies

die skooltjie het juffrou nodig
kinders het jou drukkies so nodig
dis die groot rede vir jou lewenspad
Al die kinders volg jou waarheen jy stap

maak grappies elke dag
speel saam en skater lag
geniet die ou kleintjies elke dag
by die hekkie sal die kinders vir jou wag

hulle gryp jou arms styf
juffrou leer die kinders skryf
volg jou drome met trots en grasie
Graad R is die begin van jou fondasie

© Eleen van Deventer Vorster
01/09/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed