laaste omdraai (Goud)
ons het omgedraai en weggegaan hoe kon ons raai ons had geen benul dat engele op wag ná ons laaste wuif geruisloos-sag ons ruimte sou vul pa jou laaste uur is deur Hom uitgemeet maar ons laaste omdraai – wat steeds voel na verraad – sal ek nooit vergeet © Elmarie Nienaber […]