Vier siesoene wind
Hou my stywer vas
in die winter
die goudgeel son
se strale skyn koud
ӗrens in die verte
diep in die donker
In die die droë wind
hoor ek die lied van lente
my gedagtes draai en draai
om al vier seisoene
En in die skeiding
van winter tot somer
soek ek jou op ‘n plek
in die donker stil genade
van my lewe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek