
Mǒre drome
Om na die sterre te kyk
is om terug te kyk
al bestaan dinge nie meer
van onthou in die winter se klou
Kan ek dit nog steeds
sien en voel
en in die palm van my hand
stukkies van die koue vashou
Verby gister se vlerk
voel ek die gedreun van mǒre
in hier en nou
wat verbete aan vandag vasklou
Ek wil langs jou lӗ
na die sterre kyk
van gister se naby
tot by lente se eindelose vӗr verby
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek (Palet lees asb net weer mooi deur die opdrag asb)